Anders as waarmee ons grootgeword het, is rugbyskeidsregters deesdae baie beter georganiseerd. Dit is nie meer die pastoor of ’n student wat hul liefde vir die sport uitleef op ‘n alternatiewe manier omdat hulle self nie meer kan speel nie. Hulle kom nou bymekaar en kry eenvormigheid oor hoe om die spel se reëls toe te pas op ’n manier wat verseker dat dit veilig is en dat almal, insluitend die skare, die wedstryd kan geniet.
Sentraal SA se Rugbyskeidsregters kry nou eenvormigheid
Kort-kort kom die rugbyskeidsregters bymekaar en bespreek hoe hulle dinge beter kan doen. Dit klink dalk logies, maar agter die skerms gebeur daar meer as wat ons dink. BFN Sport Results is uitgenooi om te kom kyk wat gebeur net voor die 2025-seisoen begin, waar nege nuwe reëls geïmplementeer word. Hier was dit die sentrale skeidsregters, Griekwas, Vrystaat en Griffins se refs wat betrokke was.

Ben Crouse verduidelik een van die nuwe reëls
Eerstens is dit belangrik dat almal dieselfde doel het. Hierdie doelwitte rig die wêreld se rugbyskeidsregters se fokus in dieselfde rigting.
Sentraal SA se rugbyskeidsregters se aangepaste doelwitte
- Versnel die wedstryd – In ’n poging om waarde vir toeskouers se tyd en geld te gee, word dooie tyd verminder. Toeskouers moet elke oomblik geniet.
- Skep ’n omgewing vir spelers om die wedstryd te speel – Die versnelling van die wedstryd ondersteun ook die spelers se behoefte om te speel sonder onnodige onderbrekings.
- Verminder skeidsregterbetrokkenheid – Sit die fokus terug op die spel en verminder die moontlikheid dat ’n skeidsregter die wedstryd kan doodblaas. Dit is nogal interessant!
- Regverdige kompetisie – ’n Kompetisie is slegs mededingend wanneer dit regverdig is. Anders kon ons maar die wenner voor die wedstryd aangewys het en al die plesier van die sport misgeloop het.
- Dra by tot die produk – Die doelwit is altyd om te verbeter. Uit die oogpunt van ’n rugbyskeidsregter is hul doelwit om rugby te verbeter. Rugby, soos alle Suid-Afrikaners weet, is iets spesiaals waarin ons atlete tot hul beste potensiaal ontwikkel en waaruit toeskouers waarde kry. Soos by ’n toutrek, is dit belangrik dat alle pogings in dieselfde rigting beweeg. Sekere pogings mag dalk oneffektief wees, maar dit berokken nie skade nie en alles beweeg steeds vorentoe.

Daarna kyk ons hoe hierdie doelwitte in die praktyk toegepas word. Bo en behalwe die toetse wat alle skeidsregters moet skryf en slaag om seker te maak hul basiese kennis is op ’n hoë standaard, weet ons almal dat hulle op een of ander stadium ook gaan moet hardloop. Om kritiese besluite te neem terwyl jy moeg is, kan problematies wees. Daarom is fiksheid belangrik, terwyl skeidsregters ook gemaklik raak met die tipe besluite wat hulle gaan moet neem.
Sentraal SA se rugbyskeidsregters-onderrig en toetse
By die nuutste byeenkoms het die rugbyskeidsregters eers klas geloop en toe toets geskryf. Dit sluit skeidsregters van regoor die Vrystaat en ander streke in. Die ander provinsies volg dieselfde proses. Op die Saterdag is hul fiksheid getoets deur middel van ’n Bronco-toets. Hierdie oefening, wat verskillende name het, behels ’n tydtoets waar deelnemers heen en weer tussen kegels moet hardloop om bewegings tydens ’n wedstryd na te boots.
Om appels met appels te vergelyk, is die afstand tussen die kegels altyd dieselfde vir almal wat deelneem. Dit dien as maatstaf vir skeidsregters wat provinsiale wedstryde wil blaas – hulle moet die toets onder vyf minute voltooi.
Bronco
Tydens die toets het toewyding duidelik deurgestraal. Die oudste skeidsregter van die Noord-Kaap het van die vinnigste tye gehad, terwyl die man wat die verste gereis het, van Garies af, die vinnigste tyd aangeteken het.
Leer die nuwe reëls
Na ’n goeie spanbou-ontbyt is die skeidsregters weer klas toe om nie net die nuwe reëls te leer nie, maar ook om dit te bespreek.
Toekoms van Sentraal SA se rugbyskeidsregters
Afgesien van die voortdurende strewe om die bogenoemde doelwitte te bereik, is dit ook hul missie om dit wat hulle leer, terug te neem na hul gemeenskappe. Dit sluit nie net ander skeidsregters in nie, maar ook afrigters, ouers, ondersteuners en die media. Só kan ons almal die spel beter verstaan en met minder konflik oor die toepassing van reëls geniet.
Hier is Nathan Miggel van Garries, wat studeer by ’n Tegnikon terwyl hy alles gee om rugby in sy streek te bevorder. Miggel toon sy toegewydheid nie net deur baie vêr na die seminaar te ry nie, maar deel ook met ons sy opgewondenheid om dit wat hy leer, by die huis toe te pas. Ongelukkig het die klank van die onderhoud nie goed uitgekom nie, maar die jong man se vernuf word verder uitgelig in die video vêrder na onder, waar hy sy afdeling in die Bronco wen.
Hier verduidelik Jacques Nel van Bethlehem, die oudste rugbyskeidsregter by die seminaar wat ook van die beste tye geBronco het, wat hom opgewonde maak.

Jacques Nel van Bethlehem
Tydens die seminaar was dit duidelik dat skeidsregters wel foute mag maak – hulle is tog mense. Maar as hulle foute maak, moet dit regverdig en onpartydig wees. Skeidsregters evalueer mekaar deur middel van ’n puntestelsel. Twee skeidsregters mag tot verskillende besluite kom, maar ’n variasie van een punt is aanvaarbaar. Hierdie proses sal in ’n ander berig en in ’n podgooi in meer detail verduidelik word.
Hierdie hele seminaar was moontlik gemaak deur Wesgrow en Kingsley wat die naweek geborg het en in gekoop het om Vrystaat Skeidregters doelwit ’n moontlikheid te maak. Asook Fichardtpark HS en JF HS wat hul fasiliteite gratis beskikbaar gemaak het.
BFN Sport Results het ook homself daartoe verbind om die Vrystaatse skeidsregters te help om inligting te deel, sodat minder onduidelikheid oor reëls ons gemeenskap frustreer.
Discover more from BFN Sport Results
Subscribe to get the latest posts sent to your email.



