Terwyl erge koue op almal se lippe van LMS Bloem was ná die weerdiens se aankondiging, was dit eintlik die reën vanaf Vrydagaand 7 Junie wat die meeste gedreig het. Natuurlik is spelers skrikkerig vir siek word, maar die jeugliga brand steeds om die vorige naweek se wedstryde in te haal. Skole beweeg nou die eksamentydperk in, so dis ’n ouer se natuurlike instink om die jonges tuis en warm te hou—nié siek nie, asseblief! Tog het die wedstryde voortgegaan, en die nuwe Kovsies 1-span lyk of hulle die hele liga se energie ’n hupstoot gaan gee.
1. LMS Bloem Wedstryd-Oorsig
Divisie 1 bepalings

Divisie 3 bepalings

2. lms Bloem Wedstryd-vir-Wedstryd Uitslae, Ster Prestasies en Oorsig
Wedstryd 1: Kovsies 1 vs BLOEM BULLDOGS
Wedstryd Uitslag: Kovsies1 216 / 2 (20.0) BLOEM BULLDOGS 93 / 8 (16.3)
Wenner: Kovsies 1 wen met 123 lopies
Oorsig:
Kovsies 1 open die wedstryd en lewer ’n puik vertoning. Meeste van die kolwers teken onoorwonne 50-talle aan van min aflewerings af. Die Bloem Bulldogs slaag daarin om twee paaltjies te neem, maar teen die 20ste boulbeurt staar ’n masiewe taak hulle in die gesig vir die tweede beurt.
In dié beurt bring Gerhard Botha ’n straaltjie hoop deur 32 lopies van 20 balle aan te teken voordat hy geboul is. Vir die res van die span was dit egter ’n afdraende stryd, en teen die 17de boulbeurt het al die paaltjies reeds die veld rond gelê. Een van die Kovsie-boulers wat die meeste skade aangerig het, was Ntsikelelo Shabangu, wat in 2.3 beurte twee paaltjies geneem en net 15 lopies afgestaan het. Natuurlik het die ander LMS Bloem se Kovsie-boulers ook bitter min afgestaan, maar dit is Reuben Maree wat met sy twee beurte net ses lopies afgestaan het en twee paaltjies ingepalm het—én boonop as speler van die wedstryd aangewys is.
Speler van die Wedstryd: Reuben Maree (Kovsies 1)

LMS Bloem Ster Prestasies:
Kolf:
- Reuben Maree *50 (24) | Kovsies 1
- Tiaan Coetzee *50 (27) | Kovsies 1
- Hanro Kramm *51 (20) | Kovsies 1
Wedstryd 2: CPI Hot Shots vs CPI Strikers
Wenner: CPI Hot Shots wen met 19 lopies
Wedstryd Uitslag: CPI Hot Shots 130 / 1 (15.0) CPI Strikers 111 / 1 (15.0)
Oorsig:
CPI Hot Shots begin die eerste beurt sterk, met Eduan Coetzee en Franco Pretorius wat albei onoorwonne 50-talle aanteken. Daarna neem CPI Strikers geleidelik beheer oor nadat die Hot Shots se sterkolwers moes verklaar. Die wedstryd is tot 15 boulbeurte verkort weens die moontlikheid van reën. CPI Strikers het begin om die lopies te beperk, alhoewel hulle net een paaltjie kon laat tuimel. Die doenbare teikentelling van 130 is opgestel.
In die tweede beurt word Erick Klopper vinnig vasgepen voordat hy te veel skade kon aanrig, maar Arnaud Marais het hom nie laat afskrik nie en teken ’n onoorwonne 50-tal aan van 31 aflewerings. Ongelukkig kon die res van die span nie ’n noemenswaardige bydrae lewer nie.
Speler van die Wedstryd: Eduan Coetzee – CPI Hot Shots

LMS Bloem Ster Prestasies:
Kolf:
- Eduan Coetzee *51 (26) – CPI Hot Shots
- Franco Pretorius *50 (33) – CPI Hot Shots
- Arnaud Marais *50 (31) – CPI Strikers
Wedstryd 3: CPI Masters vs Grizzly Roses
Wenner: CPI Masters wen met 1 lopie
Wedstryd Uitslag: CPI Masters 133 / 5 (20.0) vs Grizzly Roses 132 / 3 (20.0)
Oorsig:
CPI Masters open die wedstryd en teken ’n uitdagende 133 lopies aan. Rowan Bezuidenhout was onstuitbaar en slaan sy 50-tal aan van 40 aflewerings. Slegs Piet Lategan het gelyk of hy gaan bystaan met ’n klompie lopies, maar is toe gevang op 32. Gino Vries het twee paaltjies laat kantel wat genoeg was dat hy die speler van die wedstryd kry.
In die tweede beurt was Grizzly Roses mooi op pad om die teiken te jaag, maar daar was duidelik ’n paar somme wat nie heeltemal geklop het nie. Of dit, of hulle benadering was dalk net ’n bietjie té konserwatief. Jayson Jansen teken ’n onoorwonne 50 aan van 34 balle, en Salman Ahmed word uitgehardloop op 37. Grizzly Roses val toe vas soos die laaste boulbeurt nader kruip—maar net een lopie kort om die telling te ewenaar. Interessant genoeg het dit hulle twee paaltjies minder gekos om amper dieselfde telling as die Masters aan te teken.
Speler van die Wedstryd: Gino Vries Grizzly Roses

LMS Bloem Ster Prestasies:
Kolf:
- Rowan Bezuidenhout *50 (40) – CPI Masters
- Jayson Jansen *50 (34) – Grizzly Roses
Wedstryd 4: Bloem Bombers vs Bloem Warriors
Wenner: Bloem Bombers wen met 75 lopies
Wedstryd Uitslag: Bloem Bombers 171 / 5 (20.0) vs Bloem Warriors 96 / 8 (14.1)
Oorsig:
Die eerste helfte van die wedstryd word deur die Bloem Bombers opgewarm. Die betroubare kanonne—Tommy Kock, Alvin Potgieter en Perry Lamprecht—was in die Warriors se visier en is goed onderdruk om nie te veel skade te verrig nie. Dit is toe weereens Jaco van der Merwe wat die kastaiings uit die vuur kom krap deur ’n onoorwonne 53 aan te teken van 36 aflewerings. Bernue van Wyk het later ook ’n handjie bygesit met ’n onoorwonne 44 lopies van ’n skamele 16 balle.
Maar die Bloem Warriors het nie gaan lê nie en laat steeds ’n stewige stryd deurglip deur in die tweede beurt ’n gerespekteerde 171 na te jaag. Die Bombers het egter vir niks teruggestaan nie en maak kort werk van die Warriors—hulle is ruim afgereken vroeg in die 15de boulbeurt. Alvin Potgieter laat twee paaltjies tuimel, en Jaco van der Merwe—steeds “on a roll”—vat nog twee paaltjies in sy drie boulbeurte en hou sommer spasie onder die arm om die speler van die wedstryd-prys ook saam huis toe te neem.
Speler van die Wedstryd: Jaco vd Merwe – Bloem Bombers

LMS Bloem Ster Prestasies:
Kolf:
- Jaco vd Merwe *53 (36) – Bloem Bombers
Wedstryd 5: Grizzly Wolves vs CPI Challengers
Wenner: CPI Challengers wen met 5 paaltjies
Wedstryd Uitslag: Grizzly Wolves 133 / 5 (20.0) vs CPI Challengers 136 / 3 (16.4)
Oorsig:
Grizzly Wolves het ’n taai stryd aan die gang gesit waar lopies met baie moeite aangeteken is. Salman Ahmed teken ’n stadige 30 lopies aan voor hy gevang word, terwyl Gino Vries dalk net bietjie te laat reggemaak het deur ’n onoorwonne 32 lopies van 23 aflewerings aan te teken.
Die CPI Challengers weet teen dié tyd al hoe om die Grizzly Wolves vas te pen, wat hulle in die tweede beurt die geleentheid gegee het om hul ding te doen. CPI Challengers teken toe die nodige lopies aan—bietjie gemakliker—in die 17de boulbeurt. Ongelukkig vir Graham Maguire is hy gevang net twee lopies kort van sy span se enigste 50-tal. Gelukkig was daar ’n Arno Buys wat 39 lopies kon byvoeg voor hy geboul is. Simon Meyers het ook sy staal gewys vir die Grizzly Wolves deur twee paaltjies te neem.
Speler van die Wedstryd: Ashley Shults – Grizzly Wolves

Wedstryd 6: Bloem Dogs vs Pork Swords
Wenner: Pork Swords wen met 40 lopies
Wedstryd Uitslag: Bloem Dogs 96 / 1 (15.0) vs Pork Swords 136 / 2 (15.0)
Oorsig:
Hierdie wedstryd is ook verkort na 15 beurte per kant, en dit is die Pork Swords wat eerste hul stemme dik gemaak het. Ons weet nie wat Tommy Kock dié naweek aangevang het nie, maar die engel van geluk het weer ’n entjie teruggestaan toe hy uitgehardloop is—twee lopies kort van ’n 50-tal. Lucas Oosthuizen het nie daai probleem gehad nie en teken sy onoorwonne 50 aan met 30 aflewerings. Shane Potgieter ry die golf van gemotiveerde lopie-aanteken en klap 31 lopies van slegs 10 aflewerings.
Die Bloem Dogs staar toe ’n stewige teiken van 136 in die gesig—’n telling wat die Pork Swords net twee paaltjies gekos het om te bereik. Johannes Liebenberg het soos ’n kampioen vir die hele beurt gestaan om sy paaltjie te verdedig en, nes Tommy, 48 lopies aangeteken—maar syne was onoorwonne toe die 15de boulbeurt hom ingehaal het. In hierdie spesifieke wedstryd was Joppie se opinie beperk tot dié van ’n speler, en hy is toe gevang op 19 lopies. Alhoewel die Bloem Dogs net een paaltjie verloor het, kon hulle nie die mas opkom om die nodige lopies betyds aan te teken nie.
Speler van die Wedstryd: Lucas Oosthuizen Pork Swords

LMS Bloem Ster Prestasies:
Kolf:
- Lucas Oosthuizen *50 (30) Pork Swords
Wedstryd 7: Great 8 vs UNDERDOGS
Wenner: UNDERDOGS wen met 1 lopie
Wedstryd Uitslag: Great 8 129 / 3 (20.0) vs UNDERDOGS 130 / 8 (19.4)
Oorsig:
Die Underdogs het die spel geopen. Hul tydsberekening was perfek vir hierdie wedstryd, uitsluitlik omdat hul laaste paaltjie geval het—een bal kort voordat hul beurt verstreke was. Duidelik het hulle dalk nie veel gehad om te gee op die dag nie, maar dit het hulle nie gekeer om alles op die veld te los nie. Een van die sterspelers wat die meeste lopies in ’n LMS-wedstryd in ’n lang tyd aangeteken het, was Damian Mulder, wat ’n baie welkome 71 lopies van 46 aflewerings aangeteken het. Die druk wat die Underdogs ervaar het, kan grootliks toegeskryf word aan die boulwerk van Shane Nienaber, wat byna vier beurte geboul het en drie paaltjies laat kantel het.
In die tweede beurt het Carissa Boje ’n soliede vertoning gelewer deur ’n onoorwonne 38 lopies aan te teken—dalk bietjie stadig, maar sonder om sommer ’n paaltjie te oorhandig. Die held wat glo die vorige aand langs ’n kragstasie geslaap het, Shane Nienaber het genoeg energie gestoor om ’n onoorwonne 52 lopies van ’n skamele 23 balle te moker.
Die geluk wat ander spanne kortgekom het, is opgespoor. Dit het daar gestaan en hande geklap by die Underdogs, aangesien hulle daarin geslaag het om Great 8 se lopies net-net genoeg te beperk om die wedstryd met ’n skamele lopie te wen.
Speler van die Wedstryd: Shane Nienaber – Great 8

LMS Bloem Ster Prestasies:
Kolf:
- Damian Mulder *71 (46) – UNDERDOGS
- Shane Nienaber *52 (23) – Great 8
Boul:
- Shane Nienaber 3 Wickets – Great 8 (Enigste persoon wat 3 paaltjies neem op die dag)
Wedstryd 8: Good Fellas vs CPI Bom Squad
Wenner: CPI Bom Squad wen met 24 lopies
Wedstryd Uitslag: Good Fellas 119 / 5 (20.0) vs CPI Bom Squad 143 / 3 (20.0)
Oorsig:
Die eerste beurt is deur die CPI Bom Squad oorheers toe hulle ’n teiken opgestel het waarby die Good Fellas nie kon uitkom nie. Benco Olivier en NP Hugo het albei onoorwonne 50-talle aangeteken.
In die tweede beurt was Jacques Cremore goed op dreef voordat hy uit sy kampie gevang is met 43 lopies agter sy naam. Die res van die span se pogings het nie veel lopies opgelewer nie—moontlik weens die druk van NP Hugo se boulwerk, wat twee paaltjies in vier beurte laat tuimel het. Hy het slegs 28 lopies afgestaan, en saam met sy 50-tal het dit vir hom die speler-van-die-wedstryd-toekenning besorg.
Speler van die Wedstryd: NP Hugo CPI Bom Squad

LMS Bloem Ster Prestasies:
Kolf:
- Benco Olivier *50 (38) CPI Bom Squad
- NP Hugo *52 (39) CPI Bom Squad
3. LMS Bloem Hoogtepunte van die naweek
- 14 Vyftigtalle is geslaan – almal sonder om uitgehaal te word
- Die hoogste aan tal lopies wat deur een persoon aan geteken is is 71 van 46 balle
- Die grootste oorwinning is Kovsies 1 wat Bloem Bulldogs met 123 lopies wen.
- Shane Nienaber wat vir Great 8 in een wedstryd ’n onoorwonne 52 lopies aan teken, 3 paaltjies neem asook die speler van die wedstryd toekenning.
- En laaste maar nie die minste nie, Welkom vir die KOVSIES.
4. LMS SA Champs inligting

Get ready for Last Man Stands SA Champs 2025 – the ultimate showdown of amateur cricketing talent is back and bigger than ever, with over R100 000.00 value in prizes up for grabs!
We’ve opened entries, and for a limited time, you can grab an Early Bird Discount of R5000.00 on your team’s entry fee! (Limited to the 1st 8 teams to sign up & pay.)
We are combining the group stages of the Main Cup and the Cow Corner Cup. This is to ensure that all teams will play teams of equal strength in the Knock Out rounds and have a fair chance to win prizes.
For example, all teams that finish top of their pool will qualify for the MAIN CUP KO, teams that finish 2nd will qualify for the Main Cup Plate, teams that finish 3rd will go into the Cow Corner Cup KO, and teams that finish 4th will go into the Cow Corner Cup Plate.
What’s included when you enter now?
✅Discounted entry to SA Champs 2025
✅Annual team registration (valid 1 Oct 2025 – 30 Sep 2026)
✅R1000 LMS Shop Voucher
✅Matches at top cricket clubs in Johannesburg
✅Live-streamed games for fans around South Africa.
Don’t miss your chance to be part of South Africa’s biggest LMS event of the year.
👉Click here for all the event details & prizes: https://www.lastmanstands.com/national-champs/south-africa
Spaces are limited and this Early Bird offer won’t last long – make sure your team is part of the action!
Venues: Wanderers Cricket Club and Pirates Cricket Club.
SA Champs is officially a 2026 World Champs Qualification event for South African teams. The World Champs 2026, will be held in India, Hyderabad. The top 6 teams from SA Champs 2025 will qualify for this tournament.
Game on!
The LMS South Africa Team
5. LMS Bloem Afsluiting en Motivering
Angesien die weerkantoor weereens die pot met die voorspelling vielik mis gesit het vir die afgelope naweek, plaas ons nie hul bespiegelinge vroeg in die week hier nie. Accuweather se voorspelling is wel voltyds beskikbaar op hierdie webwerf.
Toeskouers is altyd welkom, so met die Kovsie spelers ook nou aan boord kan ons net hoop dat van die Koshuisbrakke ook sal uit kom om die krieket te ondersteun. Dalk net ’n vuur aan steek en ’n rooksyn gooi dat daar gaan gebraai word.
Hoewel dit koud gaan wees, is dit niks nuuts vir ons nie. Bloemfontein se winters bring gereeld -5°C, so pak warm, bring ‘n opvoustoeltjie, ‘n warm drankie (of ‘n bietjie sherry), en kom geniet die atmosfeer.
LMS Bloem kinders speel altyd langs die veld, en pa’s leef hul sportdrome uit. En die beste van alles? Dis gratis. Sê by die hek jy is oppad na die krieket – geen pas nodig nie.
Wil jy ook hierdie tipe blootstelling vir jou span, klub of liga hê? Ek help jou graag om jou storie te vertel. BFN Sport Results spesialiseer in beeld- en klankmateriaal wat jou sportblootstelling professioneel en doelgerig aan jou teikengehoor oordra. Vir meer inligting, klik hier.
👉 Volg ons op Facebook – waar ons plaaslike helde legendes word!
Discover more from BFN Sport Results
Subscribe to get the latest posts sent to your email.


