LMS Bloem Terugblik op Sondag 1 Junie, volgende bepalings en opwindende nuus

Die kragmetings van 1 Junie in LMS Bloem het gewys dat talent en spanwerk hand aan hand loop. In totaal is nege wedstryde gespeel, met uitblinkers regdeur Divisie 1 en 3de Liga. Hier is jou weeklikse terugblik op wie die grootste impak gemaak het. Ons het ook opwindende nuus vir Sondag 8 Junie.

https://youtu.be/v24vdPq2d4M

1. LMS Bloem Wedstryd-oorsig

Divisie wedstryde 1

Divisie Wedstryde 3


2. LMS Bloem Wedstryd-vir-Wedstryd Uitslae en Ster-prestasies

LMS Bloem Wedstryd 1: Grizzly Wolves vs Toxic Bloem

Wenner: Grizzly Wolves wen met 6 paaltjies

Wedstryd Uitslag: Grizzly Wolves 128 / 2 (14.0) vs Toxic Bloem 127 / 3 (20.0)

Toxic Bloem trek weg met die eerste kolfbeurt. Johannes Liebenberg teken 52 lopies van 37 balle aan sonder om sy paaltjie te verloor. Arno Buys lyk belowend voor hy gevang is met 28 lopies van 19 balle. In die tweede beurt moker Salman Ahmed  50 lopies van 28 balle. Brenden Maans dra lopies by om 36 van 19 balle aan te teken terwyl Bennett Swart weer op sy stukke was om 2 paaltjies van Grizzly Wolves te laat kantel.

Speler van die Wedstryd: Salman Ahmed (Grizzly Wolves)

LMS Bloem POM | Salman Ahmed

Ster Prestasies:

Kolf
  • Jahannes Liebenberg *52 (37) |Toxic Bloem
  • Salman Ahmed *50 (28) | Grizzly Wolves

LMS Bloem Wedstryd 2: Bloem Bombers vs BLOEM BULLDOGS

Wenner: Bloem Bombers wen by 93 lopies

Wedstryd Uitslag: Grizzly Wolves 128 / 2 (14.0) vs Toxic Bloem 127 / 3 (20.0)

Speler van die Wedstryd: Jaco Van Der Merwe (Bloem Bombers)

LMS Bloem POM | Jaco vd Merwe

Ster Prestasies:

Kolf
  • Jaco Van Der Merwe *50 (19) | Bloem Bombers
  • Perry Lampbrecht *50 (22) | Bloem Bombers

LMS Bloem Wedstryd 3: CPI Crusaders vs MCC SiXERS

Wenner: MCC SiXERS wen met 23 lopies

Wedstryd Uitslag: CPI Crusaders 118 / 7 (20.0) vs MCC SiXERS 141 / 5 (20.0)

Eerste Kolfbeurt – MCC SiXERS

Speler van die Wedstryd: Malcolm Minnie (MCC SiXERS)

LMS Bloem POM | Malcolm Minnie

Ster Prestasies:

Kolf
  • Malcolm Minnie *53 (27) | MCC SiXERS

LMS Bloem Wedstryd 4: CPI Masters vs CPI Strikers

Wenner: CPI Masters wen met 71 lopies

Wedstryd Uitslag: CPI Masters 189 / 3 (20.0) vs CPI Strikers 118 / 6 (20.0)

CPI Masters trek weg in die eerste kolfbeurt deur ’n stewige teiken van 189 lopies aan te teken. Legendariese Seth Fledermaus het presies uit gerig wat van hom verwag was deur sy 50 met slegs 20 balle af te rond en die bal sewe keer oor die tou te laat rol met een 6. Jaco Venter het net so goed gedoen deur 44 lopies aan te teken voor hy uit geboul is in 27 balle.

CPI Strikers het in die stryd getree in die tweede beurt en kon net 118 lopies aan teken. Callie Potgieter se 32 lopies en NP Hugo se 37 was nie genoeg om die nodige lopies betyds in te samel nie. Natuurlik sou dit nie maklik wees met mense soos Seth Fledermaus wat in sy vier boulbeurte slegs 16 lopies af gestaan het en tog twee paaltjies in gepalm het ook nie. En dan vir die spyker in die roomys het Piet Lategan ook twee paaltjies laat kantel en slegs 14 lopies af gestaan.

Speler van die Wedstryd: Seth Fledermaus | CPI Masters

LMS Bloem POM | Seth Fledermaus

Ster Prestasies:

Kolf
  • Seth Fledermaus *50 (20) | CPI Masters

LMS Bloem Wedstryd 5: Bloem Warriors vs CPI Challengers

Wenner: CPI Challengers wen met 180 lopies

Wedstryd Uitslag: Bloem Warriors 47 / 8 (11.3) vs CPI Challengers 227 / 2 (20,0)

CPI Challengers slaan die wedstryd aan die gang en teken ’n uitmuntende 227 lopies aan terwyl slegs twee paaltjies gekantel het. Terwyl Corne Booyzen nie ’n kans gekry het om te kolf nie, het die helfte van die CPI Challengers span 50-talle aan geteken.

Bloem Warriors was uit hul diepte gehaal en kon net 47 lopies teen die 12de boulbeurt aan teken voor al hul paaltjies gesloop is. Asgevolg daarvan, laat dit die boulers goed lyk waar Mike Otto ’n skitterende drie paaltjies neem en sleg 12 lopies af staan. Arno Buys en Corne Booyzen het albei twee paaltjies van staande posisie vewyder.

Speler van die Wedstryd: Arno Buys | CPI Challengers

LMS Bloem POM | Arno Buys

Ster Prestasies:

Kolf
  • Lucas Boucher *53 (23) | CPI Challengers
  • Eduan Naude *50 (27) | CPI Challengers
  • Arno Buys *51 (18) | CPI Challengers
Boul
  • Mike Otto 3 Wickets | CPI Challengers

LMS Bloem Wedstryd 6: CPI Hot Shots vs CPI Masters

Wenner: CPI Masters wen met 7 paaltjies

Wedstryd Uitslag: CPI Hot Shots 117 / 8 (17.4) vs CPI Masters 118 / 1 (12.0)

CPI Hot Shots betree die eerste kolfbeurt maar ’n gesukkel om noemenswaardige lopies aan te teken. PJ Rothner was op dreef voordat hy gevang is met 43 lopies van 37 balle. Die ander Hot Shots se lot was aansienlik slegter af tot al hul paaltjies net-net die 18de boulbeurt gemaak het. Die CPI Masters het die paaltjies eweredig tussen hulle boulers op gedeel deur elkeen ’n paaltjie te neem, behalwe nou vir Piet Lategan wat gesê het hy het plek vir ’n tweede paaltjie onder sy vry arm.

Die teiken vir CPI Masters in die tweede beurt was om 117 lopies aan te teken. Hulle neem toe die geleentheid met swaaiende arms aan en moker die nodige 118 lopies teen die 12de boulbeurt met die verlies van ’n enkele paaltjie. Dylan Frances van CPI Hot Shots het daai enkele paaltjie met trots van die Masters af afgeneem.

Speler van die Wedstryd: Seth Fledermaus | CPI Masters

LMS Bloem POM | Seth Fledermaus

Ster Prestasies:

Kolf
  • Rowan Bezuidenhout *50 (26) | CPI Masters

LMS Bloem Wedstryd 7: Good Fellas vs UNDERDOGS

Wenner: Good Fellas wen met 20 lopies

Wedstryd Uitslag: Good Fellas 174 / 4 (20.0) vs UNDERDOGS 154 / 4 (20.0)

Die eerste kolfbeurt word deur die Good Fellas behartig en worstel hul kolf totaal op tot 174 lopies. David Cremore het weer sy man gestaan en 52 lopies aan geteken van 31 balle sonder om sy paaltjie te verloor. Pieter Beukman was ook goed op dreef om by die 50-lopie klub aan te sluit tot die spel uit gehardloop het met hom in trefafstand met 48 lopies van ’n skamele 21 aflewerings. Die meeste van die druk het gekom vanaf Lyle Marais wat in drie boulbeurte twee paaltjies geneem het en slag 19 lopies af gestaan het.

In die tweede kolfbeurt baklei die Underdogs verwoed terug. Arnaud Marais maak sy stem dik deur 51 lopies aan te teken van 33 balle . Lian Theron en Kayle Marais lyk ook goed tot hulle paaltjies gekantel het. Terwyl die Underdogs gevaarlik gelyk het, kon hulle net nie die nodige lopies betyds aan teken nie.

Speler van die Wedstryd: Wayne Smith (Good Fellas)

LMS Bloem POM | Wayne Smith

Ster Prestasies:

Kolf
  • David Cremore *52 (31) | Good Fellas
  • Arnaud Marais *51 (33) | UNDERDOGS

LMS Bloem Wedstryd 8: Great 8 vs Pork Swords

Wenner: Pork Swords wen met 30 lopies

Wedstryd Uitslag: Great 8 117 / 6 (20.0) vs Pork Swords 147 / 2 (20.0)

Pork Swords val met die deur in die huis deur hul lot in die eerste kolfbeurt te beklink. Hul 147 lopies was verseker met staatmakers soos Alvin Potgieter en Tommy Kock wat beide hul 50-talle aan geteken het met 31 balle.

In die tweede beurt het Great 8 se paaltjies vinniger gekantel as waarmee hulle gemaklik is terwyl die lopies ook net met baie moeite deur gekom het. Carissa Boje kon 26 lopies aan teken van 47 balle terwyl Chris Nienaber geboul is met 29 lopies agter sy naam van slegs 13 aflewerings. Volgens die puntebord is dit ook waar Great 8 se hoop vas gevries het. Danie de Meyer het net een boulbeurt nodig gehad om ’n paaltjie te neem.

Speler van die Wedstryd: Alvin Potgieter (Pork Swords)

LMS Bloem POM | Alvin Potgieter

Ster Prestasies:

Kolf
  • Jahannes Liebenberg *52 (37) |Toxic Bloem
  • Salman Ahmed *50 (28) | Grizzly Wolves

LMS Bloem Wedstryd 9: Bloem Dogs vs CPI Bom Squad

Wenner: CPI Bom Squad wen met 37 lopies

Wedstryd Uitslag: Bloem Dogs 127 / 8 (20.0) vs CPI Bom Squad 164 / 3 (20.0)

CPI Bom Squad warm die veld op met ’n uitdagende 164 lopies terwyl drie van hul spelers sonder paaltjies die veld verlaat het. Jonathan Hickley hou sy pa, Shaun Hickley se naam hoog deur 50 lopies van 23 balle aan te teken. Hy neem ook in die tweede beurt saam met Danie de Meyer elk 2 paaltjies.

Bennett Swart se vertoning lyk belowend tot hy met 40 lopies van die veld moes afskeid neem nadat hy gevang is na 21 aflewerings. Quan Louw het probeer help, maar moes ook sy paaltjie groet nadat hy uit gehardloop is.

Speler van die Wedstryd: SJonathan Hickley | CPI Bom Squad

LMS Bloem POM | Jonathan Hickley

Ster Prestasies:

Kolf
  • Jonathan Hickley *50 (23) | CPI Bom Squad

3. LMS Bloem Hoogtepunte van die Naweek

  • 15 Vyftigtalle is geslaan – almal sonder om uitgehaal te word.
  • Vinnigste 50: Arno Buys (18 balle)
  • Mike Otto het 3 paaltjies in een westryd geneem.

4. Wat Lê Voor Hierdie Naweek op 8 Junie 2025

Ons is baie opgewonde om nog ’n juniors-wedstryd terug op die skedule te hê en dan ook in ekstase om te sien hoe LMS Bloem krieket groei. Kovsies 1, MCC Meltons en Grizzly Roses het by die eerste divisie aangesluit.


5. LMS SA Champs Inligting

Get ready for Last Man Stands SA Champs 2025 – the ultimate showdown of amateur cricketing talent is back and bigger than ever, with over R100 000.00 value in prizes up for grabs!

We’ve opened entries, and for a limited time, you can grab an Early Bird Discount of R5000.00 on your team’s entry fee! (Limited to the 1st 8 teams to sign up & pay.)

We are combining the group stages of the Main Cup and the Cow Corner Cup. This is to ensure that all teams will play teams of equal strength in the Knock Out rounds and have a fair chance to win prizes.

For example, all teams that finish top of their pool will qualify for the MAIN CUP KO, teams that finish 2nd will qualify for the Main Cup Plate, teams that finish 3rd will go into the Cow Corner Cup KO, and teams that finish 4th will go into the Cow Corner Cup Plate.

What’s included when you enter now?

✅Discounted entry to SA Champs 2025
✅Annual team registration (valid 1 Oct 2025 – 30 Sep 2026)
✅R1000 LMS Shop Voucher
✅Matches at top cricket clubs in Johannesburg
✅Live-streamed games for fans around South Africa.

Don’t miss your chance to be part of South Africa’s biggest LMS event of the year.

👉Click here for all the event details & prizes: https://www.lastmanstands.com/national-champs/south-africa

Spaces are limited and this Early Bird offer won’t last long – make sure your team is part of the action!

Venues: Wanderers Cricket Club and Pirates Cricket Club.

SA Champs is officially a 2026 World Champs Qualification event for South African teams. The World Champs 2026, will be held in India, Hyderabad. The top 6 teams from SA Champs 2025 will qualify for this tournament.

Game on!

The LMS South Africa Team


6. Weeruitsig vir Sondag 8 Junie 2025

Krieketspanne kan uitsien na ideale speeltoestande op Sondag 8 Junie in Bloemfontein. Die dag beloof sonnige weer met ’n maksimum temperatuur van 20°C en ’n koel begin van omstreeks 6°C. Liggies waaiende noordoostewinde sal vir gemaklike spel sorg sonder om speltoestande te beïnvloed.

7. Afsluiting en Motivering

Hoewel dit koud gaan wees, is dit niks nuuts vir ons nie. Bloemfontein se winters bring gereeld -5°C, so pak warm, bring ‘n opvoustoeltjie, ‘n warm drankie (of ‘n bietjie sherry), en kom geniet die atmosfeer.

Kinders speel altyd langs die veld, en pa’s leef hul sportdrome uit. En die beste van alles? Dis gratis. Sê by die hek jy is oppad na die krieket – geen pas nodig nie.

Spread the love

Discover more from BFN Sport Results

Subscribe to get the latest posts sent to your email.