Die jongste rondte van LMS Bloem het opnuut bewys hoekom hierdie liga so gewild is onder krieketliefhebbers. Met spanningsvolle wedstryde, individuele briljantheid en onverwagte uitslae, het spelers hul staal gewys en toeskouers laat regop sit. Of jy nou self op die veld was of van die kantlyn af gekyk het – LMS Bloem het weer ’n krieketnaweek gelewer om te onthou.
Teken in by ons Nuusbrief!
LMS Bloem Krieket Gazette
1. LMS Bloem Sondag 20 Julie Wedstryde

2. LMS Bloem Wedstryd-vir Wedstryd Verslae
Divisie 1
LMS Bloem Wedstryd 1: Kovsies 1 vs CPI Strikers
| Wenner: | Kovsies 1 wen met 13 lopies |
| Uitslag: | Kovsies 1 168/3 (20.0) CPI Strikers 155/2 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | Foster Lubbe | Kovsies 1 |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Tiaan Coetzee *51 (34) Luan Vermeulen *50 (36) Eduan Coetzee *53 (27) |

Oorsig:
Sondag, teen die Strikers, open die Kovsies die wedstryd met Eben Botha wat terug paviljoen toe is met ‘n goue eendjie. Tiaan Coetzee probeer regmaak met ’n onoorwonne vyftigtal. Lian Theron se boulwerk laat die Kovsies hard werk vir hul lopies, maar Luan Vermeulen voeg ook ’n onoorwonne vyftigtal by.
In die tweede beurt trek Eduan Coetzee los en teken 53 lopies van 27 balle aan. Die res doen ook goed, en CPI Strikers verloor twee paaltjies, maar kolf nie vinnig genoeg om die nodige lopies voor die einde van die wedstryd aan te teken nie.
Foster Lubbe verdien sy “Speler van die Wedstryd”-toekenning danksy ’n belangrike paaltjie wat hy geneem het om Ulrich Campher uit te hardloop, 34 lopies aan te teken, en bitter min lopies af te staan in sy vier boulbeurte.
LMS Bloem Wedstryd 2: CPI Masters vs Grizzly Wolves

| Wenner: | CPI Masters wen met 4 paaltjies |
| Uitslag: | CPI Masters 118/4 (15.3) Grizzly Wolves 116/8 (19,2) |
| Speler van die Wedstryd: | Jaco Venter | CPI Masters |
Oorsig:
Die Grizzly Wolves open die wedstryd, en weens Jaco Venter se puik boulwerk kom die lopies nie maklik nie. Hulle gee alles wat hulle het, totdat hul laaste paaltjie in die laaste boulbeurt val.
In die tweede beurt was CPI Masters se plan om die wedstryd vinnig in die sakkie te sit, maar dinge verloop nie altyd volgens plan nie. Volgens die punteleer sou dit ’n baie gelykop wedstryd gewees het, met Grizzly Wolves twee punte meer as CPI Masters. Spelers soos Seth Fledermaus en Piet Lategaan bars egter weg, elk met lopies in die veertigs, voordat hul paaltjies geval het. Die res van die CPI Masters-span haak toe die knoop deur en teken die nodige lopies aan – sommer so vroeg soos in die 16de boulbeurt.
LMS Bloem Wedstryd 3: Kovsies 1 vs CPI Hot Shots
| Wenner: | CPI Hot Shots wen met 3 lopies |
| Uitslag: | Kovsies 1 177/6 (20.0) CPI Hot Shots 180/3 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | Eduan Coetzee | CPI Hot Shots |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Dylan Frances *50 (32) Franco Pretorius *50 (32) Tiaan Coetzee 50 (32) |

Oorsig:
CPI Hot Shots begin die wedstryd op ’n konserwatiewe trant. Dylan Frances en Franco Pretorius lê die fondasie deur elk vyftigtalle aan te teken sonder om hul paaltjies te verloor. Eduan Coetzee was ook goed op pad om sy 50 aan te teken voordat hy deur Eben Botha uitgevang is. CPI Hot Shots dink nie veel van Juan Maree se boulwerk nie, ten spyte daarvan dat hy twee van hul paaltjies in die proses geneem het. Met 180 lopies het die Hot Shots ’n uitdagende totaal geplaas, maar Kovsies 1 het reeds vroeër die dag ’n wedstryd verloor en is gemotiveerd om nie nog een te verloor nie.
In die tweede beurt laat die CPI Hot Shots nie toe dat Kovsies 1 hul ritme kry nie. Werner Rebold en Eduan Coetzee se boulwerk rig skade aan. Tiaan Coetzee haal net-net sy vyftigtal. Altesaam val ses paaltjies voordat Kovsies 1 se beurt tot ’n einde kom – met die teikentotaal binne spoegafstand.
LMS Bloem Wedstryd 4: Bloem Warriors vs Grizzly Roses

| Wenner: | Grizzly Roses wen met 79 lopies |
| Uitslag: | Bloem Warriors 117/8 (19.3) Grizzly Roses 196/3 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | Jayson Jansen | Grizzly Roses |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Salman Ahmed *50 (33) Gino Vries *53 (18) Lawrence de Wet 78 (58) |
| Sterpresteerder met Boul: | Ashley Schultz | 3 paaltjies |
Oorsig:
Met ’n laat begin is Grizzly Roses sterk op pad om die toppunt van die punteleer te bekruip. Hulle open die wedstryd en lê die fondasie vir nóg ’n groot telling. Salman Ahmed en Gino Vries teken, soos gewoonlik, hul onoorwonne vyftigtalle aan en plaas ’n moeilike teikentelling op die bord.
In die tweede beurt sukkel die Bloem Warriors om lopies aan te teken – behalwe vir Lawrence de Wet, wat 78 lopies aanteken voordat hy deur Ashley Schultz uitgevang is. Schultz wys self sy roosdorings deur sommer drie paaltjies te neem.
Die Bloem Warriors gaan nog vir ’n wyle nagmerries hê oor ’n Jayson – om meer spesifiek te wees, Grizzly Roses se Jayson Jansen. Hy het self nie baie lopies aangeteken nie, maar met baie effektiewe boulwerk ’n paaltjie geneem, twee vangskote uitgevoer, ’n speler uitgehardloop én ’n stump voltooi.
LMS Bloem Wedstryd 5: CPI Challengers vs BLOEM BULLDOGS
| Wenner: | CPI Challengers wen met 55 lopies |
| Uitslag: | CPI Challengers 182/4 (20) BLOEM BULLDOGS 127/3 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | Tamim Alam | BLOEM BULLDOGS |
| Sterpresteerder met Boul: | Tamin Alam | 3 paaltjies |

Oorsig:
Met 44 punte tussen die twee spanne op die punteleer is die wedstryd as ’n “epic runfest” geklassifiseer: tweede teen laaste op die log. CPI Challengers kan óf die Bloem Bulldogs probeer trap as hulle kan, óf hulle kan dit as ’n oefengeleentheid gebruik om strategieë te toets wat hulle gewoonlik nie durf waag nie. Aan die ander kant is dit ’n kans vir die Bloem Bulldogs om te wys wat in hulle steek.
CPI Challengers begin die wedstryd met Dylan Frances wat op 49 lopies deur Tamim Alam uitgehaal word. Tamim stuit ook die ander groot naam in die CPI Challengers se eskapades deur Janco Nel uit te boul op 45 lopies. Die Bloem Bulldogs draai toe die lopie-kraan van die Challengers toe, maar hulle bereik steeds ’n uitdagende teiken van 182 lopies. Tamin Alam maai onder die Challengers en is verantwoordelik vir drie van hul vier gevalle paaltjies.
In die tweede beurt teken Marius Nienaber ’n onoorwonne 40 lopies aan. Niemand anders kon noemenswaardige lopies bydra nie, maar die groot storie hier is dat slegs vier van die Bloem Bulldogs se paaltjies geval het teen die einde van die wedstryd. Met ander woorde: al kon die top span (CPI Challengers) die lopies beperk, kon hulle nie al die paaltjies neem nie.
In vier boulbeurte het Tamim Alam nie net drie paaltjies geneem en die minste lopies afgestaan nie – hy verdien ook die Speler van die Wedstryd-nominasie.
Well done, Tamim!
LMS Bloem Wedstryd 6: Bloem Eagles vs CPI Crusaders

| Wenner: | Bloem Eagles wen met 7 paaltjies |
| Uitslag: | Bloem Eagles 155/1 (18.0) CPI Crusaders 151/8 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | Bennie Lubbe | Bloem Eagles |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Alex Nieuwoudt 58 (36) Jandre Nieuwoudt 61 (31) Bernie van Wyk *50 (27) |
| Sterpresteerder met Boul: | Bennie Lubbe 3 paaltjies |
Oorsig:
CPI Crusaders kolf eerste, met Alex Nieuwoudt wat deur Bennie Lubbe been voor paaltjie betrap is op 58 lopies. Jandre Nieuwoudt het selfs beter gevaar voordat hy ook deur die “Lubbe Legend Slayer” geboul is vir 61 lopies. Die res van die CPI Crusaders het alles gegee, maar kon nie die mas opkom nie. Al die CPI Crusadrs paaltjies het teen die laaste bal van die beurt horisontaal verkeer.In die tweede beurt het Johannes Liebenberg weer sy ding gedoen – soos net hy kan – totdat Frans Johnson sy paaltjie op 41 lopies geslag het. Bernie van Wyk vervul sy rol uitstekend met 50 lopies, en die res van die span vaar ook goed. Die Bloem Eagles haal toe die teiken van 182 lopies in die 18de boulbeurt in.

Teken in by ons Nuusbrief!
Divisie 3
LMS Bloem Wedstryd 7: Pork Swords vs Good Fellas
| Wenner: | Pork Swords wen met 140 lopies |
| Uitslag: | Pork Swords 212/3 (20,0) Good Fellas 72/8 (14.2) |
| Speler van die Wedstryd: | Lucas Oosthuizen Pork Swords |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Lucas Oosthuizen *52 (16) Tommy Kock *50 (31) Louw Jordaan *50 (23) |

Oorsig:
Die Pork Swords het ’n dubbele porsie Post Toasties vir ontbyt geëet. So, met die melk wat nog wit op hul lippe sit, kolf hulle eerste. Tommy Kock en Louw Jordaan teken elk vinnige, onoorwonne vyftigtalle aan, maar Lucas Oosthuizen sit die kersie op die koek deur sy vyftigtal in slegs sestien balle aan te teken – insluitend vyf viere en vier sesse. Met slegs drie gesneuwelde paaltjies teken hulle toe ’n reuse-teiken van 212 lopies aan.
In die tweede beurt het dit gelyk asof die divisieleier in ’n dwaal was, want niks wou vir hulle werk nie. Good Fellas se nederlaag bring toe die wedstryd tot ’n einde in die 15de boulbeurt.Die hoogtepunte van die wedstryd was Lucas Oosthuizen se manjifieke kolfvertoning en sy stukkie individuele briljantheid toe hy vir Jaco van der Merwe self geboul en gevang het.
LMS Bloem Wedstryd 8: Great 8 vs UNDERDOGS

| Wenner: | Great 8 wen met 6 paaltjies |
| Uitslag: | Great 8 116/2 (13.1) UNDERDOGS 115/5 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | Danie Ferreira | Great 8 |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Chris Nienaber *50 (31) |
Oorsig:
Met slegs een punt wat die twee spanne van mekaar skei, sou hierdie ’n baie taai stryd gewees het. Die Underdogs kolf eerste en skraap met baie moeite 115 lopies bymekaar.In die tweede beurt verloor Carissa Boje vroeg-vroeg toe sy deur Pieter Venter been voor paaltjie betrap is. Chris Nienaber slaan toe vir hom ’n vyftigtal bymekaar, en Great 8 maak toe sommer die wedstryd klaar in die 14de boulbeurt. Glad nie so senutergend soos wat ons aanvanklik gedink het nie!
LMS Bloem Dokumentêr
As jy nog nie van krieket in die winter gehoor het nie, verduidelik hierdie kort program hoe LMS Bloemfontein die struikelblokke oorkom het om in die winter krieket te speel. Ontmoet ook die steunpilare wat dit moontlik gemaak het.
Juniors
LMS Bloem Wedstryd 9: Inferno Juniors vs Frostbite Juniors
| Wenner: | Inferno Juniors wen met 14 lopies |
| Uitslag: | Inferno Juniors 161/3 (20.0) Frostbite Juniors 147/5 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | Janco Olivier Frostbite Juniors |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Caden Goodes *52 (38) Vincent Theron *52 (32) CW Randall *53 (26) Janco Olivier *56 (30) |

Oorsig:
Inferno Juniors kolf eerste. Voor Erich Boje sy ritme kom kry word hy deur Hendrik Swanepoel gevang, maar toe kom maak Caden Goodes reg teur ’n onoorwonne vyftigtal te moker.Vincent Theron het ook handjie by gesit om die skroewe stewig vas te draai op Frostbite Juniors se lot deur ook ’n onoorwonne vyftigtal te slaan. Dit alles terwyl Janco Olivier weer vir Frostbite met tand en hand verdedig met pragtige boulwerk.
In die tweede beurt is Olivier se arm los en toe steek sy span vir hom ’n kolf in daai hand. Dit was nie so slegte idee nie want hy swaai daai kolf toe so dat hy verklaar met ’n onoorwonne 56 lopies. Met ’n masiewe teiken van 161 sit CW Randall toe handjie by en slaan sy eie vyftigtal van slegs 26 balle. Ongelukkig hardloop die tyd toe uit vir Frostbite om die nodige lopies aan te teken.
3. LMS Bloem Hoogtepunte van die Naweek
Die Bloem Warriors gaan nog lank nagmerries hê van Jayson Jansen van die Grizzly Roses. Hy het dié wedstryd oorheers met ’n paaltjie, twee vangskote, ’n uitgehardloop én ’n stump – alles in een wedstryd.
Tamim Alam het met vier kliniese boulbeurte drie paaltjies geneem en die minste lopies afgestaan – wat hom ’n welverdiende Speler van die Wedstryd-nominasie besorg het.
Die wedstryd se hoogtepunt: Lucas Oosthuizen se manjifieke kolfvertoning – afgerond met ’n unieke oomblik waar hy vir Jaco van der Merwe self geboul én gevang het.
Die Pork Swords vernietig die divisie 3-leiers, en dit vanaf derde plek op die punteleer, 18 punte agter. ’n Massiewe oorwinning!
20 vyftigtalle is oor die naweek aangeteken – ’n bewys van die kolwers se formidabele vorm.
3 boulers het elk 3 paaltjies geneem in hul onderskeie wedstryde – ware spelbrekers op die dag.
Teken in by ons Nuusbrief!
4. Afsluiting & Motivering
Die naweek se wedstryde het gewys dat talent, deursettingsvermoë en spanwerk steeds die kern van ons kompetisie vorm. Van indrukwekkende individuele prestasies tot strategiese spangees – dié seisoen is besig om iets besonders te word.
Aan alle spelers: hou aan slyp aan jul vaardighede, vertrou die proses, en onthou – elke beurt, elke lopie, elke vang tel. Die kompetisie is nog lank nie verby nie, en enige iets kan gebeur. Sterkte met die voorbereiding vir die volgende rondte – die beste is dalk nog op pad.
Discover more from BFN Sport Results
Subscribe to get the latest posts sent to your email.



