LMS Bloem is terug met ’n naweek vol krieketaksie wat spelers, ondersteuners en toeskouers behoorlik op hul tone gehou het. Van indrukwekkende individuele vertonings tot verrassende spanoorwinnings het die afgelope rondte weer bewys waarom LMS Bloemfontein een van die mees opwindende platforms vir plaaslike krieket is. Of dit nou Junior-spanne of topdivisie-gunstelinge was – almal het hul stempel afgedruk in wat sekerlik een van die mees diverse en dinamiese speeldae van die seisoen was. Lees meer in ons LMS Bloem Krieket Gazette.
Die LMS Bloem Krieket Gazette
1. LMS Bloem Sondag 13 Julie Wedstryde

Teken in by ons Nuusbrief!
2. LMS Bloem Wedstryd-vir-Wedstryd Verslae
Divisie 1
LMS Bloem Wedstryd 1: Bloem Warriors vs BLOEM BULLDOGS

| Wenner: | BLOEM BULLDOGS wen met 15 lopies |
| Uitslag: | Bloem Warriors 157/1 (20.0) BLOEM BULLDOGS 172/8 (19.1) |
| Speler van die Wedstryd: | Ethan Grimsley | BLOEM BULLDOGS |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Ethan Grimsley 65 (34) Johannes Daly *53 (47) Guillermo Minnie *50 (32) |
| Sterpresteerder met Boul: | Kamogelo Louw 3 Paaltjies |
Oorsig:
Die Bloem Bulldogs open die wedstryd, gee hul alles en kry dit reg om ’n uitdagende 172 lopies aan te teken voordat hul laaste paaltjie in die laaste boulbeurt kantel.
Kamogelo Louw van die Bloem Warriors het geseëvier deur drie Bulldogs-paaltjies te vat, maar dit is Berno Coetsee wat gewys het hy skrik nie maklik nie, deur 40 lopies aan te teken.
Nog minder het Ethan Grimsley geskroom – hy het ’n skitterende vertoning gelewer deur 4’s te laat reën en 65 lopies aan te teken voordat hy gevang is.In die tweede beurt moes die Bloem Warriors hard werk om lopies aan te teken.
Alhoewel die uitdaging groot was, het hulle slegs een paaltjie verloor en die stryd met slegs 15 lopies verloor.
Die Bloem Warrior-kolwers wat hul spannaam as helde vereer het, was Jahannes Daly met ’n onoorwonne 53, en Guillermo Minnie met sy eie 50-tal.
LMS Bloem Wedstryd 2: Grizzly Roses vs CPI Crusaders
| Wenner: | Grizzly Roses wen met 93 lopies |
| Uitslag: | Grizzly Roses 210/1 (20.0) CPI Crusaders 117/5 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | Jayson Jansen | Grizzly Roses |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Salman Ahmed *52 (22) Gino Vries *50 (34) Jayson Jansen *51 (23) |

Oorsig:
Grizzly Roses open die wedstryd en doen presies dit waarmee hulle goed is: hulle stel ’n uiters uitdagende 210 lopies op die telbord aan – en dit deur slegs één paaltjie te verloor.
Met so ’n telling, en volgens die LMS-reëls wat vereis dat spelers moet verklaar ná 50 aangetekende lopies, het die Grizzly Roses-kolwers pragtige statistieke behaal.
Groot name soos Salman Ahmed, Gino Vries en Jayson Jansen het almal effektiewe vertonings gelewer deur elk ’n onoorwonne 50-tal aan te teken vanaf min aflewerings.In die tweede beurt kon die CPI Crusaders die volle 20 boulbeurte oorleef met nog drie paaltjies in die sak.
Jayson Jansen se boulwerk het vrugte afgewerp en twee paaltjies opgelewer.
Ongelukkig kon die Crusaders net 55% van die nodige lopies aanteken, waarvan Alex Nieuwoudt amper ’n 50-tal behaal het – hy het onoorwonne geëindig op 48 lopies.
LMS Bloem Wedstryd 3: CPI Hot Shots vs Bloem Bombers

| Wenner: | Bloem Bombers wen met 4 paaltjies |
| Uitslag: | CPI Hot Shots 173/5 (20.0) Bloem Bombers 174/4 (18.1) |
| Speler van die Wedstryd: | Perry Lamprecht | Bloem Bombers |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Franco Pretorius *61 (35) Jaco vd Merwe *54 (25) Perry Lamprecht *51 (24) |
Oorsig:
Die Bloem Bombers was weer op hul stukke en het bewys waarom hulle voor die wedstryd tweede op die punteleer was.
Met CPI Hot Shots drie plekke laer, het die 24-punte-verskil voorspel dat die wedstryd vol aksie sou wees – met die voordeel swaar in die Bombers se guns.
Tog het CPI Hot Shots weereens bewys dat statistieke nie altyd die beste aanduiding is van wat op die dag kan gebeur nie. Die voorspelling was halfpad reg:
Nee, die Bloem Bombers se voordeel was nie so groot soos aanvanklik voorspel nie – maar ja, die wedstryd het oorgeloop van aksie!
In die eerste beurt het CPI Hot Shots die wedstryd geopen en ’n gerespekteerde 173 lopies aangeteken.
PJ Rothner en Werner Rembold het goed gevaar voor hulle hul paaltjies verloor, terwyl Franco Pretorius weer eens geskitter het met ’n onoorwonne 61 lopies.
Gelukkig so, want een van die Hot Shots se steunpilare, Clinton Diakos, het die trekpas gekry en is op ’n eendjie daar weg – maar ons glo dit was deel van ’n strategiese beplanning deur CPI se meesterbrein.
In die tweede beurt het die Bloem Bombers die vuurwerke gebring.
Betroubare balmôkers soos Jaco van der Merwe en Perry Lamprecht het hulself elk onoorwonne 50-talle op die punteleer ingeslaan – en só bygedra tot die span se oorwinning in die 19de boulbeurt.
LMS Bloem Wedstryd 4: Grizzly Roses vs Bloem Eagles
| Wenner: | Bloem Eagles wen met 11 lopies |
| Uitslag: | Grizzly Roses 158/5 (20.0) Bloem Eagles 169/4 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | Jonathan Hickley | Bloem Eagles |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Jonathan Hickley *52 (25) Gino Vries *50 (31) |

Oorsig:
Daar is net 15 punte verskil tussen die Grizzly Roses en die Bloem Eagles.
Op sigself lyk dit na ’n gebalanseerde wedstryd met ’n klein voordeel in die Grizzly Roses se guns. Maar… die Roses het een wedstryd minder gespeel as die Eagles – en dit maak ’n groot verskil.
Met Grizzly Roses se geskiedenis die afgelope paar naweke, waarin hulle gedugte spanne uitstof, en die Bloem Eagles se wisselvallige vertonings wat hulle gemaklik op die derde laaste plek op die ranglys laat, sou ’n mens dink dat hierdie wedstryd vooraf al toe geplak is met vernedering.
Maar dis LMS Bloemfontein – en enigiets kan gebeur.
In die eerste beurt open die Bloem Eagles die wedstryd, en van staanspoor is hul vere opgeblaas.
Jayson Jansen se boulwerk plaas ’n bietjie druk op hulle, maar Arno Buys word nie afgeskrik nie. Dieselfde geld vir Jonathan Hickley, wat elke naweek vuurwarm vertonings lewer – en dié keer sommer 52 lopies van net 25 balle voeter.
Die Eagles teken ’n sterk totaal aan vir ’n gewone wedstryd, maar die Roses is alles behalwe ’n gewone span…
In die tweede beurt was vuurwerke verwag van die Grizzly Roses – maar die man met die vuurwerke het blykbaar nie die boodskap gekry nie.
Die Bloem Eagles klim die trappie en verdedig asof hul lewens daarvan afhang. Bennie Lubbe se boulwerk lewer twee belangrike paaltjies op.
Met baie moeite wys die Roses toe hul dorings: Salman Ahmed en Jayson Jansen doen redelik goed voor hulle hul paaltjies kwyt is. Gelukkig is daar nog ’n Gino Vries – en hy krap die kastaiings uit die vuur met ’n onoorwonne 50-tal.
Maar die res van die Grizzly Roses kon net nie die nodige ritme ontwikkel om die oorblywende lopies aan te teken nie.
Die Bloem Eagles wen dus die wedstryd met 11 lopies!Wat ’n dag vir die Bloem Eagles.
Bloemfontein is trots op julle karakter.

Divisie 3
LMS Bloem Wedstryd 5: Good Fellas vs Great 8

| Wenner: | Good Fellas wen met 26 lopies |
| Uitslag: | Good Fellas 159/7 (20.0) Great 8 133/8 (17.2) |
| Speler van die Wedstryd: | Wayne Smith | Good Fellas |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Wayne Smith *62 (37) |
| Sterpresteerder met Boul: | Tiaan Nienaber 3 paaltjies JP Schwartz 3 Paaltjies Albertos Dawild 3 Paaltjies |
Oorsig:
Op die ranglys het Good Fellas een wedstryd meer as Great 8 gespeel, maar daar is steeds 31 punte verskil tussen die twee spanne.
Punte word nie net volgens prestasie toegeken nie, maar oor die algemeen was die gevoel dat Good Fellas — bo-aan die punteleer — dié wedstryd gemaklik sou wen.
Maar soos ons nou al weet: enige iets kan gebeur.
Al is dit ’n derde-liga-wedstryd, is LMS-krieket steeds ’n spansport wat deur mense gespeel word — nie masjiene nie — en dit beteken eindelose variante kan die uitslag op die dag beïnvloed.
Good Fellas het eerste gekolf en met groot vaart weggespring.
Jacques Cremore is kort voor sy 50-tal gestuit, en sy boetie David het ook nie te sleg gevaar nie. Wayne Smith wys weer hoekom hy amper elke naweek as Speler van die Wedstryd aangewys word — hierdie keer met ’n onoorwonne 62 lopies.
Die res van die span kon net wens vir ’n straaltjie geluk, maar Great 8 se Tiaan Nienaber en JP Schwartz het hul eie storie geskryf met bekoorlike vertonings — elkeen neem 3 paaltjies.
(Ja, jou wiskunde is reg: saam het hulle 6 van die topdivisie-3-span se 8 paaltjies geneem.)
Good Fellas was nie heeltemal beïndruk nie — en het in die tweede beurt teruggekap.
Albertos Dawild trek die haas uit die hoed met 3 paaltjies, en Gideon van Zyl gooi boonop ’n “maiden over”.
Great 8 sukkel om uit die blokke te kom, tot Shane Nienaber hul kant op skuif en amper ’n 50-tal aanteken — maar word gevang op 47 lopies van net 25 balle.
Ongelukkig kon die res van die span nie volg nie, en hul laaste paaltjie val in die 18de boulbeurt.
As Great 8 se kolfwerk so skerp was soos hul boul- en veldwerk, was hulle ’n taai span om te klop.
En Good Fellas? Hulle is duidelik nog gevaarliker as hulle eers bietjie kwaad gemaak word.
Die uitslag? Beslis nie ’n weghol-oorwinning soos aanvanklik verwag nie – maar ’n wedstryd vol karakter, trots en taktiese spel.
Junior Liga
LMS Bloem Wedstryd 6: Inferno Juniors vs Frostbite Juniors

| Wenner: | Frostbite Juniors wen met 7 lopies |
| Uitslag: | Inferno Juniors 117/3 (20.0) Frostbite Juniors 110/3 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | CW Randall | Inferno Juniors |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Janco Olivier *50 (49) |
Oorsig:
Na ’n lang rus van LMS-krieket is Bloemfontein se Juniors weer terug in aksie. In die eerste beurt kolf Frostbite Juniors eerste. Dieter Odendaal doen goed deur 36 lopies aan te teken, maar dit is Logan Gerber wat uitblink met 43 lopies sonder om sy paaltjie te verloor. Die meeste van die druk is deur CW Randall verskaf, wat in drie boulbeurte slegs agt lopies afgestaan het, ’n paaltjie ingepalm het en ook as die speler van die wedstryd aangewys is.
In die tweede beurt kon Inferno Juniors nie die nodige lopies aanteken nie, ten spyte van Janco Olivier wat soos ’n rots gestaan het om sy 50-tal aan te teken. Evan Zwiegelaar het ook ’n beduidende bydrae gelewer met 45 lopies – ook sonder om sy paaltjie te verloor.
LMS Bloem Wedstryd 7: Frostbite Juniors vs Inferno Juniors
| Wenner: | Inferno Juniors wen met 34 lopies |
| Uitslag: | Frostbite Juniors 105/8 (19.1) Inferno Juniors 139/3 (20.0) |
| Speler van die Wedstryd: | Divan Kleyn Inferno Juniors |
| Sterpresteerder met die Kolf: | Caden Goodes *51 (46) |

Oorsig:
Die Juniors is terug — en vol energie!
Hulle is steeds op skoolvakansie, wat beteken daar is genoeg tyd om weer krieket te speel. Gelukkig vir ons is krieket een van hul gunstelingmaniere om pret te hê.
In die eerste beurt het Inferno Juniors eerste gekolf. Na ’n stadige begin het hulle uiteindelik hul ritme gevind.
Caden Goodes het soos ’n rots gestaan en ’n onoorwonne 50-tal aangeteken, met Gergard Botha kort op sy hakke.
Die lopietempo het behoorlik begin kook toe Divan Kleyn 39 lopies van net 16 balle aangeteken het!In die tweede beurt het Frostbite Juniors belowend begin, maar toe het die paaltjies begin val.
Hulle kon eers kort voor die einde weer hul voete vind, maar teen daardie tyd was dit te laat — hul laaste paaltjie het in die laaste boulbeurt geval.
3. LMS Bloem Hoogtepunte van die Naweek
Alhoewel nie al die geskeduleerde wedstryde gespeel is nie, het die skitterende spel in die ander wedstryde daarvoor opgemaak.
Die Juniors is terug op die veld, en spanne soos die Bloem Eagles en Bloem Bombers het hulself oortref. Jonathan Hickley en Wayne Smith is weer as spelers van die wedstryd aangewys.
Vier boulers het elk drie paaltjies geneem, en dertien kolwers het 50-talle aangeteken — waarvan drie meer as 60 lopies geslaan het.
Teken in by ons Nuusbrief!
4. Afsluiting & Motivering
Hierdie week se wedstryde het gewys waarom LMS-krieket soveel meer is as net ’n spel – dit is ’n viering van talent, toewyding en spanwerk. Van indrukwekkende individuele vertonings tot naelbyt-eindes, het elke span iets besonders na die veld gebring. Die feit dat soveel kolwers hul 50-talle bereik het, en dat boulers hul teikens met ywer getref het, spreek boekdele van die vlak van kompetisie en toewyding wat op Bloemfontein se velde lewendig is.
Die terugkeer van die Juniors bring vars energie en herinner ons daaraan dat die toekoms van plaaslike krieket blink lyk. Hulle spel verras nie net nie – dit inspireer. Aan alle spelers: hou aan groei, hou aan leer en – belangriker nog – hou aan speel met hart. Want in LMS is dit nie net die tellings wat tel nie, maar die karakter wat op die veld gewys word.
Discover more from BFN Sport Results
Subscribe to get the latest posts sent to your email.



